Print this page

Egipte: Die effek op bure

Duisende betoog regoor die streek en eis politieke en maatskaplike hervorming sedert Egipte belowe het om grondwetlike wysigings aan te bring en demokratiese verkiesings te hê. Tienduisende in Algerië, Jordanië en Jemen betoog vir volledige politieke en maatskaplike opknapping. Alhoewel hul leiers veranderinge belowe, sê betogers dit is nie genoeg nie. Kyk: Woensdagoggend vroeg het Libiese betogers petrolbomme en klippe na regeringsondersteuners en polisie gegooi wat op hul beurt die skare gewelddadig met traangas, knuppels en warm water uiteengejaag het. 'n Libiese 'Dag van woede' is Donderdag uitgeroep deur plaaslike inwoners met 'n geskiedenis van wantroue in Gaddafi. In Bahrein het die koning 'n ondersoek aangekondig na die dood van twee betogers wat in botsings met veiligheidsmagte dood is, toe duisende betogers by Manama se hoofplein bymekaargekom het. In Bahrein word die Sjia-meerderheid sedert die 18de eeu deur 'n Soennitiese Moslem-koninklike familie regeer. Sien: Bid: vir 'n geestelike opknapping van die hele streek. (Jes.23:17,18)

Meer: http://english.aljazeera.net/news/africa/2011/02/20112167051422444.html