Print this page

Egipte: Terrorisering van Egiptiese Christene neem toe

Daar is 'n persepsie dat Christene straffeloos aangeval kan word. 'As jy 'n Christen seermaak, gaan niemand iets aan jou doen nie. Niemand word ooit voor die gereg gebring in sektariese geweld teen Christene nie.' het Mina Thabet, die stigterslid van 'n jeugbeweging, gesê. Drie maande nadat die weermag Delga van militante Islamiete bevry het; misdadigers terroriseer nou Christene in ander dorpe en hef Jizya ('n Koraniese boete op nie-Moslems bekend as 'onderdanigheid' of 'vernedering' belasting). Hulle het 'n kothuisbedryf gestig wat Christene vervolg vir wins. Afpersers gebruik die dreigement van ontvoering, marteling en moord om beslag te lê op geld, grond en ander eiendom van Christene regdeur die Minya- en Assiut-goewerneurate. Slagoffers van ontvoering word so erg gemartel dat wanneer hulle na hul families terugkeer, hulle heeltemal gebroke is, nie in staat is om oor hul beproewings te praat nie, nog minder die misdade by die polisie aanmeld.

Bid: teen die konsep dat die vervolging van Christene ''n godsdienstige plig' is. Bid vir hernieude inisiatiewe deur die polisie en 'n verbetering van die regstelsel. (Ps.59:1)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=12873