Egipte: Veiligheidsmagte bestorm Klooster

Midde-Ooste-joernalis Mary Abdelmassih, berig dat 'n 300-man veiligheidsmag, gerugsteun deur 'n groot aantal motors en gepantserde voertuie, op Dinsdag, 7 September, die Egiptiese klooster St Macarius van Alexandrië in Wadi Rayan, Fayoum-provinsie, aangeval het. Die monnike in die klooster is met traangas, knuppels en klippe aangerand en drie van die monnike is ernstig gewond. 'Die veiligheidsmagte het die aflewering van kalksteenstene verhinder om vir die bou van selle vir die monnike op die terrein van die antieke klooster gebruik te word. Die magte het ook probeer om bakstene wat reeds afgelewer is, te konfiskeer, maar die monnike het op die stene gesit en geweier om te beweeg,' het sy gesê. Die monnike glo dat die regering enige konstruksie op die perseel wil voorkom om enige toename in die aantal monnike wat daar woon te verhinder, 'hoewel selle vir die monnike broodnodig is', het vader Boulos gesê.

Bid: teen hierdie aanvalle op die Kerk. (Ps.20:1)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2010/s10090082.htm