Egipte se Koptiese minderheid het toenemend bekommerd geraak oor die groeiende aantal Christene wat ontvoer is, sê Christen-aktiviste regoor die land. Meer as 30 Christene is glo verlede maand alleen in die suidelike provinsie Minya ontvoer. Plaaslike waarnemers sê die situasie is veral ernstig in Minya, 'n provinsiale hoofstad, wat die 'ontvoeringshoofstad van Egipte' genoem is. Die meeste Christene word vir losprys ontvoer, maar daar is ook berigte dat gelowiges ontvoer is deur Islamitiese hardlyners, insluitend meisies wat gedwing is om met Moslemmans te trou. International Christian Concern (ICC), 'n groot voorspraakgroep, het vriende en families van sommige van diegene wat ontvoer is aangehaal wat sê dat selfs kinders geteiken is. 'Die ontvoering van Christene is 'n dringende kwessie wat deur die politieke leierskap aangespreek moet word.' Christene beslaan ongeveer 10 persent van Egipte se hoofsaaklik Moslem-bevolking van 85 miljoen.
Bid: teen die ontvoeringstendens onder Christene en bid vir hul veiligheid en beskerming. (Ps.5:11)
Meer: http://www.bosnewslife.com/31255-kidnapping-of-egypt-christians-seen-rising