Duisende mense het uitgedraai om hul laaste eer te betoon aan Pous Shenouda III, die leier van Egipte se Koptiese Christene vir die afgelope 40 jaar. Die begrafnis is vandag by die St Mark-katedraal in die Abbasiya-voorstad van Kaïro gehou. ’n Dag van nasionale rou is afgekondig en Kopte het tyd van werk gekry om hul eer te betoon. Menigte mense het tougestaan om Pous Shenouda se liggaam te sien, wat sedert sy dood Saterdag in die katedraal uitgestal is, op die ouderdom van 88. Sy dood kom in 'n tyd van verhoogde spanning met Moslems en daar was kommer dat die opkoms van groot getalle Christene op die strate van Kaïro sou onrus veroorsaak. Pous Shenouda se vier dekades aan die stuur van die Kerk is gekenmerk deur toenemende beperkings op Christene en vyandigheid van meer radikale Islamitiese elemente.
Bid: vir God se salwing met die aanstelling van Pous Shenouda III se opvolger. (Eks.29:7)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/funeral.held.in.cairo.for.coptic.pope.shenouda.iii/29504.htm