Egipte: Christene werk om Islamitiese oorname te stop

Betogers is weer in Egipte se strate en vra vir verandering uit vrees dat die rewolusie wat president Mubarak omvergewerp het, die gevaar loop om deur Islamiete oorgeneem te word. 'Dit is goeie nuus om weer na die strate te gaan om die rewolusie te beskerm. Die Moslem-broederskap en die militêre raad het die revolusie gekaap,' sê Magdy Khalil, woordvoerder van Koptiese Solidariteit. Khalil en ander Egiptenare glo dat die regerende militêre raad 'n politieke ooreenkoms met radikale gemaak het, wat Egipte na 'n Islamitiese staat beweeg het wat nie anders is as Mubarak se korrupte regime nie. 'Hulle wil hul posisies beskerm, so wie kan hierdie posisie aanvaar? Die Moslem-broederskap, beplan om die hele Egipte te beheer,' het Khalil verduidelik. Hy sê die Broederskap ignoreer hoëvlakkorrupsie in ruil vir mag en beheer. Egipte se parlementêre verkiesings sal in November wees, maar sommige meen meer tyd is nodig om die politieke voordeel van die beter georganiseerde Moslem-broederskap te oorkom.

Bid: dat God sal oprig en Sy wysheid gee aan 'n onpartydige en demokratiese politieke beweging wat Egipte in haar erfenis in die Here inskuif. (Jer.29:11)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2011/July/Egypts-Christians-Work-to-Stop-Islamic-Takeover/