Egipte: Christene bid vir beskerming

Verhoogde spanning tussen die Koptiese gemeenskap en die Moslem-meerderheid het tot 'n hoogtepunt gekom met die nuus dat ekstremiste wat Christene in Irak vermoor het, ook gelowiges in Egipte kan teiken. Gebedsbyeenkomste word by kerke regdeur Egipte gehou te midde van verhoogde sekuriteit. In Kaïro het die aantal veiligheidsbeamptes wat buite kerke wagstaan, verdubbel. In Zamalek is besoekers aan 'n onlangse Kersbasaar en -fees by die All Saints-katedraal met liggaamsondersoeke, metaalverklikkers en snuffelhonde ontmoet. Nuusagentskappe berig dat die Regering pastore gevra het om 'onnodige, grootskaalse openbare vergaderings te kanselleer'. President Hosni Mubarak het 'n verklaring deur die staatsbeheerde MENA-nuusagentskap gemaak wat beskerming vir Kopte belowe. Sien Sy belofte val saam met hewige debat in die media oor 'Koptiese erfenis' en sy 'Islamitiese identiteit'.

Bid: teen godsdienstige fanatisme en die vrees wat dit skep en bid vir harmonie tussen Moslems en Christene in Egipte.

Meer: http://www.charismamag.com/index.php/news/29670-muslim-mob-in-egypt-firebombs-christian-homes-businesses