Na 'n gerug dat 'n Christenman in die dorpie Kobry-el-Sharbat onwettige foto's en 'n videogreep van 'n Moslem-vrou gehad het, het 'n Moslem-skare verskeie huise en besighede in Christenbesit afgebrand. Op 1 Februarie het 'n 'dorpstribunaal' van Moslem-leiers 'n bevel uitgevaardig wat agt Christengesinne beveel het om te vertrek en hul eiendom te verkoop. As hierdie dekreet nie nagekom word nie, sal al 62 Christelike gesinne wat in die dorp woon, met geweld verdryf word. Die Nasionale Vergadering het beslis die dekreet is onwettig, die agt gesinne se eiendom moet aan hulle teruggegee word, die regering moet vergoeding betaal vir alle beskadigde eiendom, en die polisie moet poog om diegene wat verantwoordelik is vir gewelddadige aanvalle te identifiseer en te vervolg. Die Christene versoek ons gebede dat die kommissie se beslissing effektief en stiptelik geïmplementeer sal word, dat alle Christengesinne toegelaat sal word om terug te keer en vir ware versoening tussen alle dorpenaars.
Bid: dat die kommissie se beslissing 'n presedent sal skep wat 'n einde maak aan straffeloosheid vir sektariese geweld teen Christene en ander godsdienstige minderhede. (Spr.11:1)