Dinsdagaand het Moslems minstens 10 huise wat aan Koptiese Christene behoort in 'n dorpie suid van Kaïro aan die brand gesteek oor gerugte dat 'n Christen 'n verhouding met 'n Moslemmeisie gehad het. Verskeie mense is gearresteer en veiligheidsmagte het die dorpie al-Nawahid afgesluit om te keer dat die geweld na naburige dorpies versprei. Die aanvalle het begin nadat plaaslike inwoners 'n jong Kopt en 'n Moslemmeisie snags saam in die dorpsbegraafplaas opgemerk het. Albei is onder polisie-aanhouding geplaas terwyl die owerhede ondersoek instel. Koptiese Christene maak 10 persent van Egipte se 80 miljoen mense uit. Kopte en Moslems leef oor die algemeen in vrede, hoewel menseregtegroepe sê dat aanvalle op Kopte aan die toeneem is, wat die regering se versuim om chroniese sektariese spanning aan te spreek in 'n samelewing waar godsdienstige radikalisme veld wen, onderstreep.
Bid: dat die regte van Christene in Egipte erken en gelykgestel word aan dié wat deur Moslems geniet word. (Mark.13:13)
Meer: http://www.haaretz.com/news/international/muslims-torch-christian-homes-in-southern-egypt-1.325018