Egipte: Christelike goewerneur langs die kantlyn - oproepe vir Islamitiese staat

Egipte se nuwe politieke bestel het 'n Islamitiese karakter. Uitsprake deur vooraanstaande Moslem-broederskap-figure openbaar voornemens om sharia-wetgewing te implementeer. ’n Onlangse peiling het steun vir Moslem-agendas getoon en ’n Christelike goewerneur is vir drie maande geskors ná Moslem-betogings by sy aanstelling. Saad Al Husseini, 'n lid van die Broederskap se Voorligtingsburo, het die begeerte uitgespreek om Egipte as 'n Islamitiese staat te vestig en gesê: 'Ons wil graag die samelewing lei om sy Islamitiese identiteit te bereik ter voorbereiding van die Islamitiese bewind.' Ander Broederskap-woordvoerders het probeer om hulself van hierdie en soortgelyke stellings te distansieer en sê die beweging is teen die instelling van Islamitiese wet in Egipte. Maar die pro-sharia-kommentaar het alarm gemaak onder Egipte se Christene en ander wat 'n sekulêre demokrasie wil hê. Vroeë tekens dui daarop dat daar min plek vir Christene in die nuwe politieke bestel sal wees. Vir Gebedswaarskuwing Insigte oor die Moslem Broederskap in Egipte, sien :

Bid: dat die Egiptiese grondwet wat vryheid van godsdiens waarborg, maar ook bepaal dat Sharia die hoofbron van wetgewing is, Egiptiese Christene se regte sal eerbiedig. (Op.3:21)

Meer: http://www.barnabasfund.org/UK/News/News-analysis/Christian-governor-sidelined-amid-calls-for-Islamic-state-in-Egypt.html