Oos-Afrika: Geweld versprei

Tientalle Christelike aanbiddingsplekke is deur Islamitiese ekstremiste in Tanzanië vernietig en kerkleiers vlug van sy swaar Moslem-eiland Zanzibar namate die vervolging van Christene deur Oos-Afrika versprei. 'Sowat 25 kerke en kloosters is sedert Mei vernietig. Hierdie vernietiging is meestal beperk tot Zanzibar waar die bevolking 99% Moslem is en openlik vyandig teenoor Christene is,' verduidelik William Stark, streekbestuurder vir Afrika van die voorspraakgroep International Christian Concern. Die jongste voorvalle van geweld het uitgebreek nadat 'n Moslemseun 'n Christenseun aangemoedig het om op 'n Koran te urineer. "As gevolg hiervan is die Christen-seun gedreig om onthoof te word en ten minste vyf kerke is vernietig," het Stark gesê.

Bid: dat Christene in hierdie area van Oos-Afrika vry sal wees van onderdrukking en die beskerming van God oor hul lewens sal ervaar. (Ps.119:45-46)

Meer: http://www.worthynews.com/11856-dozens-of-churches-destroyed-in-tanzania-east-africa-violence-spreading