Christian Solidarity Worldwide (CSW) het verneem dat die Volle Evangelie Kerk aan die einde van Februarie met geweld in Havana-provinsie gesluit is en beslag gelê het op al die kerk se besittings, insluitend stoele en musiekinstrumente. Dit het meer as 200 mense sonder 'n plek van aanbidding gelaat. ’n Week voor die kerksluiting is die pastoor van die kerk, Jesus Hernandez, deur ’n gewapende skare aangeval terwyl hy in sy huis geslaap het. Volgens Caridad Diego, die hoof van die Kubaanse Kommunistiese Party Kantoor vir Godsdienssake (ORA), wat toesig hou oor alle godsdiensaktiwiteite in Kuba, is die kerk en alles binne gekonfiskeer weens 'n dispuut oor eienaarskap van die kerk. Hierdie weergawe word egter weerspreek deur lede van die kerk, wat aan CSW gesê het dat die kerk al meer as 15 jaar in sy huidige ligging bestaan, gelei deur dieselfde pastoor en sonder probleme.
Bid: dat 'n besluit gevind sal word om die Kerk te herbegin. (Ef.2:21)