Kuba 'om politieke gevangenes te bevry'

Kuba se Katolieke Kerk het gesê dat die Kubaanse regering 52 politieke gevangenes sal bevry in 'n groot toegewing aan internasionale druk om sy menseregte te verbeter. Die kerk het Woensdag in 'n verklaring gesê vyf van die gevangenes sal later deur die dag vrygelaat word en toegelaat word om na Spanje te gaan, terwyl die oorblywende 47 oor die volgende paar maande vrygelaat sal word. Die vrylating sal die aantal andersdenkendes agter tralies op die kommunisties-geleide eiland tot byna 100 afbring en moontlik positiewe gevolge hê vir Kuba se betrekkinge met lande wat die regering lank gedruk het om politieke gevangenes te bevry. Menseregte-voorstanders het vroeër vandeesweek gesê Kuba het 167 politieke gevangenes, waaronder 10 wat uit op parool was. Die aangekondigde vrylating sou die grootste wees sedert 1998, toe 101 politieke gevangenes onder ongeveer 300 gevangenes was wat vrygelaat is na 'n besoek deur Pous Johannes Paulus II.

Bid: dat die Kubaanse regering hul beloftes sal nakom om al hierdie gevangenes vry te laat. (2Kr.28:11)

Meer: http://english.aljazeera.net/news/americas/2010/07/201077184956643989.html