Print this page

Kongo: Vroue en kinders in gevaar

Tearfund sê moeders en kinders in die Demokratiese Republiek van die Kongo het noodsaaklike hulp nodig. Gevegte het die afgelope jaar vererger en 2,7 miljoen mense is gedwing om hul huise te verlaat. "Ons sien telkens weer gesinne wat in golwe van tragiese onrus ontwortel word," het Tearfund se internasionale direkteur gesê. 'Mense gaan voort om hul huise te verlaat uit vrees vir die seksuele geweld wat wydverspreid is in die ooste van die DRK waar gewapende groepe gereeld verkragting as 'n wapen gebruik. Vroue en kinders het ondenkbare afgryse gely en tog toon hulle ook ongelooflike krag, veerkragtigheid en waardigheid. Die DRK word sedert 1998 deur konflik geteister. Meer as 5,4 miljoen mense is dood en gemeenskappe is verwoes.' Tearfund het gesê gevegte verleng net armoede in die land en belemmer die ontwikkeling daarvan.

Bid: vir 'n einde aan die voortdurende uitbrake van geweld. Bid ook vir NRO se bediening aan die ontheemde, vreesbevange en seergemaakte Kongolese mense. (Ps.9:13)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/mothers.and.children.at.risk.in.democratic.republic.of.congo/32959.htm