Menseregte in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) sal die onderwerp wees van 'n werkswinkel wat hoëvlakverteenwoordigers van die regering, kerke en internasionale organisasies in die land se hoofstad, Kinshasa, 13-17 April byeenbring, berig CISA. Sprekers by die werkswinkel sluit in die VN se spesiale rapporteur oor die situasie van menseregteverdedigers, Margaret Sekaggya, en die DRK minister van justisie, Luzolo Bambi. Ander is predikante in beheer van beplanning, ekonomie en geslagskwessies, die nasionale president van die Kerk van Christus in die Kongo, die All Africa Conference of Churches (AACC), die vise-president Metodiste Biskop David Yemba, asook ander prominente verteenwoordigers van die staat, kerk en burgerlike samelewing. Die organiseerders was die Wêreldraad van Kerke (WRK) met die samewerking van die Lutherse Wêreldfederasie (LWF), deelnemers kom van die verskillende provinsies van DRK asook naburige Angola, Rwanda en Burundi.
Bid: dat hierdie ontmoeting van gedagtes 'n magtige drukgroep vir menseregte in sentraal-Afrika tot gevolg sal hê. (Rom.15:5)