Colombia: Vermoorde evangelis se weduwee ook vermoor ná dreigemente

Vier maande nadat guerrilla's van die Nasionale Bevrydingsleër (ELN) 'n vermoorde evangelis se vrou hul eerste eis gestuur het om haar huis in die noordooste van Colombia se onstuimige Arauca-departement te verlaat, het die militantes hul dreigemente nagekom, berig bronne naby Geopende Deure, 'n ministerie vir vervolgde Christene. Op Maandag, 7 Januarie 2013, toe die gesin se pastoor 'n aandoordenkings in die huis van weduwee Alicia Castilla voltooi het, het sluipmoordenaars die huis binnegekom en met pistole op haar losgebrand en haar op slag doodgemaak voor haar drie kinders en haar pa. ’n Geopende Deur se werker wat om veiligheidsredes nie genoem kan word nie, het aan World Watch Monitor gesê die guerrilla's het voor hulle die huis verlaat het aan Castilla se seun, die 18-jarige Hernán, gesê dat die res van die gesin drie dae het om die streek te verlaat. Daarna, het die moordenaars gewaarsku, sal hulle terugkeer en een vir een ander familielede doodmaak.

Bid: vir God se mense in Colombia dat God hulle sal beskerm en die vyand sal verwar. (Ps.12:7)

Meer: http://www.worldwatchmonitor.org/english/country/colombia/article_2006360.html