Print this page

China: Gebed vir Christenregte-prokureurs

Twee jaar nadat die Beijing-prokureur Gao Zhisheng in hegtenis geneem is, is daar steeds geen nuus van waar hy hom bevind of toestand nie. Daar is baie godsdiensregte-prokureurs wat tans in China aangehou word. Dr Fan Yafeng, hoof van die Chinese Christian Human Rights' Lawyers Association, is op 9 Desember aangehou en oor etlike dae herhaaldelik gemartel – hy is nou in huisarres. Christian Solidarity Worldwide berig ''n toename in die Chinese owerhede se gebruik van huisarres die afgelope maande om menseregte-aktiviste te onderdruk. Die besluit om die 2010 Nobelprys vir Vrede aan die Chinese aktivis Liu Xiaobo toe te ken, word beskou as die sneller vir hierdie onderdrukking. China Aid berig 'n onlangse toename in 'fisiese aanvalle op prokureurs' deur hofamptenare. Hulle rapporteer ook 'n bekende blinde regsaktivis, Chen Guangcheng, en sy vrou, wat hierdie week erg geslaan is oor 'n YouTube-video oor hul huisarres. Hulle was ná die aanval aan hul bed gekluister en mediese behandeling geweier.

Bid: dat aangehoudene Christene bewus sal wees van Jesus se teenwoordigheid te midde van hul lyding. (Joh.ll:35)

Meer: http://www.releaseinternational.org/pages/posts/china-call-for-prayer-for-persecuted-christian-rights-lawyers-805.php