Print this page

China: Planne om 'huiskerke uit te roei'

China het 'n veldtog begin om huiskerke binne tien jaar uit te roei. Verlede September is 'n geheime dokument deur die Chinese owerhede uitgereik wat daarop gemik is om 'huiskerke heeltemal uit te roei' in drie fases. (1) vanaf Januarie tot Junie 2012- ondersoek huiskerke en skep lêers daaroor. (2) om daardie kerke binne 3 jaar te 'skoonmaak'. (3) die huiskerke binne 10 jaar heeltemal uitwis. In Desember 2010 is 'Operasie Afskrikking' van stapel gestuur en Regeringsamptenare moes Christene wat ongeregistreerde kerke bywoon, 'begelei' om te aanbid in Drie-Self-kerke wat deur die regering goedgekeur is. Terselfdertyd moes hulle groter kerke, soos die Shouwang-kerk in Beijing, in kleiner groepe opbreek. Shouwang is sedert Paasfees 2011 verplig om dienste in die opelug te hou, en aanbidders word deur toesig en arrestasie in die gesig gestaar. • Bid asseblief ook vir Shouwang Kerk in Beijing, wie se lede getrou buite ontmoet in alle weersomstandighede, onder toesig en die risiko van arrestasie. Bid dat God hulle sal aanmoedig en beskerm.

Bid: teen die toename in vervolging van huiskerke en dat God hulle sal seën met voortgesette groei. (Jes.65:22-24)

Meer: http://www.releaseinternational.org/pages/posts/china-secret-plans-to-eradicate-house-churches-968.php