Verlede jaar het 'n driefase-plan begin om ongeregistreerde huiskerke uit te roei (Sien Gebedswaarskuwing 17-2012). Sedertdien het vervolging met 42% gestyg. 442 van die arrestasies was geestelikes. Die driefase-benadering het ontstaan omdat die regering huiskerke as ’n vyandige groep andersdenkendes sien. Die regering beoog om Christene te dwing om by die amptelike Three-Self Patriotic Movement (TSPM) kerkstelsel aan te sluit. In verlede jaar se eerste fase het die staat huiskerke regoor die land in die geheim ondersoek en lêers daaroor geskep. Dit is gevolg deur 'n vlaag onderdrukkings teen huiskerke wat tot in 2013 voortgeduur het as deel van die tweede fase. Sommige huiskerke het geregistreer om arrestasies en teistering te vermy, maar die meeste maak beswaar teen TSPM teologiese oortuigings en staatsbeheer. Die aantal Protestantse huis-kerk Christene is geskat op tussen 45 miljoen en 60 miljoen.
Bid: teen die taktiek om kerke te verbied en te verseël, mag daar 'n tsoenami van Christelike evangelisasie en bekering in China wees. (Jes.11:9)