Pastor Bike is die voorsitter van die China House Church Alliance en is 'n passievolle evangelis wat bekend is daarvoor dat hy op sy fiets regoor die land ry op sendings van aanmoediging na die vele Chinese Huiskerke. ChinaAid berig dat Pastoor 'Bike' en sy vrou op Maandag 20 September tydens die verhoor van huiskerk Christene Liu Yunhua en Gao Jianli, die verhoor kom sien het, maar deur die Openbare Veiligheidsburo aangehou is. Pastoor Bike is die afgelope 10 jaar male sonder tal gearresteer en ondervra in sy pogings om huiskerk Christene te versterk. Ander Christene wat na die verhoor gekom het, is ook op pad huis toe aangehou. Daar is geen rekord van hul vrylating nie. ChinaAid doen 'n beroep op Xuchang se plaaslike regering om Pastoor Bike en sy vrou se regte as burgers te respekteer en doen 'n beroep op hulle om die aangehoue huiskerklede vry te laat. 'Ons vra Christene wêreldwyd om saam met ons te bid vir hul beskerming en bemoediging,' het 'n woordvoerder gesê.
Bid: dat God ChinaAid en ander Christelike hulpbronne sal gebruik om Sy geregtigheid in hierdie en soortgelyke situasies in China in te vul. (Ps.7:9-10)