Sedert Mei 2008 moes pastoor Wang Dao van die Liangren-kerk in Guangzhou sy huiskerk verskeie dosyne kere verskuif en moes selfs twee Sondae in die buitelug aanbid. Na 'n kort aanhouding deur mense van die Ministerie van Staatsveiligheid het hy ChinaAid gekontak vir hulp met die uitreik van 'n dringende oproep om gebed. Na die vertaling van die dokument, het ChinaAid die brief op 17 Augustus aan die Chinese media vrygestel ChinaAid doen 'n beroep op Guangzhou-owerhede om hul vervolging van Liangren-kerk te staak en om die regte van die burgers op vryheid van geloof en aanbidding te respekteer, deur hulle toe te laat om gereeld in hul eie kerkruimte. Hulle doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om pastoor Wang Dao biddend te ondersteun en glo dat die bewusmaking van hierdie en soortgelyke gevalle van vervolging en teistering noodsaaklik is om die uitkoms vir die vervolgde gelowiges te verander.
Bid: dat hierdie bevordering en blootlegging van waarheid sal groei en 'n verskil sal maak waar die kerk vervolg word. (Jes.61:7)