China: Geen godsdiens in die politiek word toegelaat nie

"Daar is geen plek vir godsdiens onder die lede van die Chinese Kommunistiese Party nie." het die visepresident van die United Front gesê. Daar is 'n werklike kommer binne die United Front dat baie lede van die party, ontnugter deur die val in ideale, korrupsie en materialisme, 'n godsdienstige dimensie ontdek of herontdek. Dit is nie ongewoon dat ten minste een derde van partylede 'n Boeddhistiese meester oor naweke besoek, of 'n Katolieke biskop ontmoet, of in 'n Protestantse gemeenskap begin bid nie. Sommige meen die Maoïstiese toon van die bogenoemde opmerking oor godsdiens is 'n teken van 'n interne magstryd voor die naderende verandering van leierskap van die Kommunistiese Algemene Sekretaris en Premier van die Volksrepubliek van China.

Bid: dat Chinese politici nie godsdiens sal gebruik om aandag te kry en agendas te orkestreer in die aanloop tot verkiesings volgende jaar nie. (Ps.107:16)

Meer: http://www.asianews.it/news-en/Get-behind-me-Satan:-No-religion-for-the-Chinese-Communist-Party-members-23491.html