China: Huiskerkvervolging neem toe

Chinese owerhede het toegeslaan op 'n huiskerk in die Shaanxi-provinsie waar twaalf gelowiges vir Sondag aanbidding in die dorpie Ma'an bymekaargekom het. ’n Plaaslike polisiehoof en twee beamptes het by die huis ingebreek, Bybels en ander Christelike lektuur gekonfiskeer en toe al die gelowiges in polisie-aanhouding geneem. Tien is die aand vrygelaat. Twee gelowiges Weng en Zhang Yongkuan bly aangehou. Sien: Ook op 3 April by Beijing se 1 000 sterk Shouwang Kerk, het aanbidders gebid voordat hulle uitsetting in die gesig gestaar het deur owerhede wat versigtig was om beheer oor godsdiens te verloor. Verskeie aanbidders het gehuil nadat hulle deur die verhuurder gesê is dat hulle nie by die 'Old Story Restaurant' kan aanbid nie met mure bedek met foto's van Chinese Partyleiers wat hande skud met voormalige Amerikaanse presidente. Die kerk het geweier om by die regering te registreer en gesê sy gemeente behoort aan God alleen.

Bid: vir Weng en Zhang se vrylating en dat alle Chinese kerkleiers sterk sal wees in die Here terwyl hulle toenemende teenstand ondervind. (2Kr.14:11)

Meer: http://www.bosnewslife.com/16390-beijings-largest-house-church-facing-eviction