Die dae voor Paasfees is altyd 'n somber tyd vir Christene. Maar hierdie jaar in Beijing het baie gelowiges die bykomende bekommernis dat hulle nie weet of en waar hulle toegelaat sal word om die heiligste dag van die jaar op die Christelike kalender te vier nie. Nagenoeg 50 lede van een van Beijing se grootste Protestantse huiskerke, insluitend sy twee pastore, is aangehou en honderde polisielede is in 'n kommersiële distrik in die noordweste van die stad ontplooi om te verhoed dat die gemeente 'n Palmsondagdiens in die buitelug hou. Die leiers van die Shouwang-kerk het gesê hulle sal nietemin volgende week – Paassondag – weer probeer tensy hulle toestemming kry om die Nagmaaldiens binnenshuis by hul gewone perseel te vier. Die kerk, wat sowat 1 000 volgelinge het, het gesê hulle is gedwing om die dienste buite te hou nadat hulle vir meer as 'n jaar uit die restaurant gesit is waar hulle elke Sondag bymekaargekom het. (Sien ook Gebedswaarskuwing 14-2011)
Bid: vir die baie miljoene gelowiges regoor China, terwyl hulle poog om Paasfees te vier dat hulle geseën sal word om 'n seën te wees. (Ps.145:7)
Meer: http://www.chinaaid.org/2011/04/fears-of-uprisings-prompt-chinas-easter.html#more