China: Weier Christene toegang tot Christelike geleentheid

Tweehonderd Chinese Christene wat geskeduleer is om van 16 tot 25 Oktober aan 'n groot evangeliese byeenkoms in Suid-Afrika deel te neem, gaan nie weg nie omdat die Chinese regering hulle toestemming geweier het om na die geleentheid te reis. Meer as 4 000 Christene van regoor die wêreld sal byeenkom vir die Derde Lausanne-kongres oor Wêreldevangelisasie, bekend as Kaapstad 2010. Die Chinese sou baie gehad het om by te dra as hulle kon deel wat God die afgelope 20 jaar in China gedoen het . Lausanne se uitvoerende voorsitter, Doug Birdsall, het ure voor die bekendstelling van die kongres in 'n eksklusiewe onderhoud aan CBN News gesê hy is diep hartseer oor die besluit om nie die Chinese afvaardiging toe te laat om deel te neem nie.

Bid: dat God ten spyte van hulle afwesigheid sy wêreldwye Kerk sal bou en sal spreek deur die geestelike groei van China. (Mt.16:18)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/October/China-Denies-Christians-Entry-to-South-Africa-Event/