China: Christene probeer regstappe neem

'n Huiskerk in die verre Wes-China se streek Xinjiang wat regstappe teen die plaaslike polisie gedoen het vir vroeëre vervolging, is weer deur die polisie geteiken. Op Sondag 22 Julie het die polisie pastoor Zhong Shuguang, sy vrou en vyftien ander gelowiges vir 'n dag lank in hegtenis geneem en kerkboeke gekonfiskeer. In April en Mei het die kerk aansoek gedoen vir 'n administratiewe hersiening omdat sy kerkleier, Zhong Shuguang, vir 15 dae in hegtenis geneem is. Nou is die kerk geteiken vir 'n reeks vergeldingsaksies deur die plaaslike polisie. In Julie het agente onwettig die huis van Zhong binnegegaan onder die voorwendsel om 'n onwettige vergadering te ondersoek en die projektor, rekenaar en ander rekenaarverwante items geneem. ChinaAid veroordeel ten sterkste dat die owerhede die wet minag en opsetlik die reg op godsdiensvryheid van sy burgers vertrap.

Bid: dat die Chinese Christene wat tans vervolg word, God se beskerming en voorsiening teen onwettige inmenging en aanvalle sal ervaar en mag hulle voortgaan om kreatiewe geleenthede te vind om te groei. (Ps.20:1)

Meer: http://www.persecution.org/2012/07/29/chinese-christians-try-to-take-legal-action-face-new-detentions/