China: 20 prokureurs om pastoor te verdedig

Verlede week het ons jou gevra om te bid vir 'n kerkleraar en 25 van sy gemeente wat op 16 November met geweld aangehou is. Sien: http://site.prayer-alert.net/images/read%20pa%20now.pdf Hierdie week is daar tekens van Christene wat hulle uitspreek teen vervolging. Regte-verdedigers ChinaAid het nou meer as 20 prokureurs byeengeroep om pastoor Zhang Shaojie en sy gemeentelede te verdedig. Die Amerikaanse regtegroep het hierdie aksie geneem nadat die oorspronklike verdedigingspan min samewerking van owerhede in die Henan-provinsie ondervind het. Op 18 November het CSW berig dat meer as 100 ondersteuners van die pastoor by 'n protes aangesluit het wat gevra het dat hy uit die tronk vrygelaat word. Zhang, 48, is 'n Protestantse pastoor van die Nanle County Christian Church, wat deel is van die staat-gesanksioneerde Three-Self Patriotic Movement. ChinaAid het vroeër hierdie maand nog 'n betoging in Henan aangemeld waarby duisende Christene betrokke was oor 'n grondgeskil tussen 'n kerk in die stad Anyang en die plaaslike owerheid.

Bid : vir die veelbesproke herorganisasie van die strafstelsel om op te tree en vir die onmiddellike vrylating van onregverdig aangehoue slagoffers van die huidige stelsel. (Ps.120:1)

Meer: http://www.persecution.org/2013/11/26/20-human-rights-lawyers-called-upon-to-defend-arrested-pastor-congregation/