Sentraal-Afrikaanse Republiek: Konflikopdatering

UNICEF het Dinsdag gewaarsku dat onderwys nog 'n slagoffer van die konflik word, met die helfte van die land se skole wat gesluit is en honderde duisende studente die risiko loop om die hele jaar te mis. 'Die nuwe regering moet beskerming van en belegging in die onderwysstelsel prioritiseer om kinders se basiese reg op onderwys te respekteer en te vervul en hierdie generasie kinders hoop vir 'n gesonde toekoms te gee.' het 'n verteenwoordiger gesê. Sedert die Séléka-rebellekoalisie in Desember ’n offensief van stapel gestuur het, is 1,2 miljoen mense van noodsaaklike dienste afgesny en menseregteskendings is wydverspreid. Verlede naweek het drie artilleriegranate in die Evangelical Federation of Brothers Church in Bangui neergestort en sewe lede doodgemaak, ook 20+ mense is dood ná skietgevegte verlede naweek waar baie kinders gewond is en na die pediatriese hospitaal oorgeplaas is vir behandeling. Baie inwoners het uit die Boy-Rabe- en Cité Jean 23-gebiede van die hoofstad gevlug - die twee wat die ergste deur onlangse geweld geraak is. Sien: http://www.worldwatchmonitor.org/2013/04/article_2415723.html/

Bid : vir al die gesinne wat vasgevang is in hierdie konflik. Mag NRO's en diegene wat nou gesag het, suksesvol saamwerk om 'n veilige omgewing te skep. (Ps.121:1-2)

Meer: http://www.un.org/apps/news/story.asp?NewsID=44731&Cr=central+african+republic&Cr1=#.UXeITsqbXAI