Sentraal-Afrikaanse Republiek: Staatsgreep raak Christelike ondernemings

In 'n staatsgreep wat aan die einde van Maart begin het, en wat Afrika-staatshoofde geweier het om as wettig te erken, is byna $300 000 se toerusting van 'n Christelike radiostasie gebuit. Die staatsgreep het begin toe sowat 5 000 Seleka-rebellevegters die hoofstad van Bangui ingestroom het en president Francois Bozizé verdryf het om hul eie selfverklaarde president te stig. Plundering en vandalisme by 'n Christelike radiostasie was omvangryk met toerusting vernietig of gesteel deur plunderaars ter waarde van byna $300 000. Die radiostasie is vir ’n onbepaalde tyd van die lug af. Die seun van een stasiewerknemer is dood aan wonde tydens die wanorde naby die basiskamp van ICDI, die globale vennoot wat die stasie bedryf. Die ministerie se totale verliese sluit in boortoerusting, uitsaaitoerusting, ses voertuie en ander eiendom wat uit geplunderde ICDI-fasiliteite gesteel is. Die huise van vier personeelgesinne is ook geplunder. ’n Personeellid se seun wat op Paassondag deur rebelle ontvoer is, het ontsnap en is nou veilig tuis.

Bid: God se vertroosting vir almal wat geliefdes verloor het en dat Christelike inisiatiewe vinnig herstel word. (Judas 1:17-21)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2013/s13040021.htm