Meer as 100 kerke, netwerke en gebedsbedieninge regoor Kanada span kragte saam om op 30 April te bid vir 'n regverdige uitslag van die verkiesing op 2 Mei. Daar word van baie stede en gemeenskappe verwag om deur die loop van die dag bymekaar te kom vir interkerklike gebed, wat uitloop op 'n aand van aanbidding en viering om Jesus as Here oor Kanada te verhef. Ons word uitgenooi om by Kanada in te tree in die aanloop tot die verkiesing en te bid dat die nasionale media op 'n onbevooroordeelde en onpartydige manier sal berig en dat enige persoonlike menings van die beriggewing afgeskaal sal word. - Ook dat die komende openbare debatte hierdie Dinsdag (Engels) en Donderdag (Frans) op 'n regverdige en ordelike wyse aangebied sal word en nie vir persoonlike aanvalle gebruik word nie. - vir bekering waar Christene in kompromie met die wêreld se waardes gewandel het of te afhanklik was van ons Regering om die morele standaard in Kanada te verhoog.
Bid: vir 'n sterk en stabiele regering om effektiewe leierskap te bring en 'n veilige koers vir die toekoms te navigeer. (Heb.12:1,2)
Meer: www.redleafprayer.org