Kanada: Bevrydingsgebed

Twee van Kanada se nasionale gebedsbedieninge toer deur Kanada deur Oktober en November om 'n kultuur van gebed in die land vry te stel. Reeds in Victoria en Vancouver het sterk gebed 'n nuwe motivering vrygestel vir meer mense om betrokke te raak by die kragtige bediening van gebed. Ons kan in die komende weke by die Kanadese oproep tot gebed aansluit en God vra vir 'n groot oes! Vra die Here om arbeiders uit te stuur, om harte sag te maak, om hongeriges te trek. Bid vir die nuwe kerkplante wat oral opskiet en ander beplande sendings in die land. God begeer om die geestelike klimaat van hele stede te verander, en wil die Kerk as sy primêre veranderingsagent gebruik. Bid dat die stadskerk sal verenig rondom die unieke strategie wat hy aan elke stad toestaan om die Koninkryk te bevorder en sout en lig te wees. Bid ook dat besighede toegewy sal wees aan Koninkryksdoeleindes.

Bid: vir baie gevalle van deurbraak regoor die land op so 'n tyd soos hierdie. Bid dat die Kerk sal ontwaak tot haar eerste liefde vir die Here en vernuwe sal word in liefde vir mekaar en die verlorenes. (2Kr.7:14)

Meer: http://www.redleafprayer.org/index.php/events/culture-of-prayer-tour