'n Humanis in Kanada poog om die Gideons te keer om gratis eksemplare van die Bybel in skole te versprei. Rene Chouinard sê dit is bevooroordeeld dat die Bybel versprei word, maar nie gratis ateïstiese literatuur nie. Hy het 'n paar gratis ateïstiese materiaal aan skole aangebied, in die hoop dat dit sou lei tot die beëindiging van die Bybelverspreiding. Hy het gesê dit was nie sy bedoeling om vragmotorvragte lektuur uit te deel nie, hy wou net die skoolraad dwing om 'hand te wys'. Sy veldtog het in 2010 begin. Nou het die Ontario Menseregtetribunaal ingestem om sy saak aan te hoor. Mnr Chouinard het die besluit verwelkom en gesê: 'Ons wil graag sien dat godsdiens heeltemal uit die klaskamer verwyder word.'
Bid: dat God se Woord nie gestuit sal word nie en dat die Gideon se werk eerder sal floreer. (Mark.13:31)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/canada-humanist-attempts-to-force-gideons-out-of-schools/