CSW het berig dat Birma se etniese mense verwaarloos word, en beklemtoon gereelde gebruik van verkragting, dwangarbeid, godsdienstige vervolging, marteling en moorde in die Kachin-staat waar die weermag 'n offensief voer teen etniese burgerlikes sedert die verbreek van 'n 17-jarige wapenstilstand in Junie. Die pastoor van 'n Baptiste Kerk is om 15:00 op 17 November in hegtenis geneem terwyl hy in 'n winkel oor die telefoon gepraat het. Plaaslike bronne sê geen redes is vir sy arrestasie gegee nie en waar hy hom bevind is onbekend. ’n Ma van ’n 14 maande oue baba is deur die weermag gevang en gedwing om as ’n portier te werk. Sy word glo in 'n kamp aangehou en herhaaldelik bendeverkrag. Die weermagbevelvoerder het haar familie belowe sy sal teen 2 November vrygelaat word, maar sy is nie vrygelaat nie. 'n Assistent van die pastoor van 'n AoG-kerk is op 7 November 'n dag dood ná erge marteling toe soldate die kerk aangeval en geplunder het.
Bid: dat die Birmaanse regime sal ophou om sy burgers aan te val, en 'n proses sal begin wat vrede sal verseker en menseregte sal beskerm. (Spr.18:4-5)
Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue14628.html