Birma: Christene in vredesgesprekke met die regering

Christenleiers in Birma voer vredesgesprekke met die land se sentrale regering wat hulle hoop sal help om die 60-jarige konflik wat die land se burgerlike bevolking uitgeput het, te beëindig. Die seldsame geleentheid vir verandering het daartoe gelei dat 'n groep Karen Nasionale Unie-leiers 'n vredeskomitee gestig het in die hoop om munt te slaan uit die transformasies wat in hul gebroke land plaasvind. Die Karen is 'n oorwegend Christelike minderheidsgroep geleë in oostelike en suidelike streke van die land wat in oorlog met die regering was sedert kort nadat Birma in 1948 onafhanklikheid van die VK verkry het. Ryan Morgan, 'n voorspraakbeampte by International Christian Concern, 'is met die hoop dat hierdie samesprekings blywende resultate gaan lewer. ICC is opgewonde oor die moontlikheid van veranderinge en ons hou dit fyn dop.' Ek dink dit is egter belangrik dat die internasionale gemeenskap en ander organisasies bewus bly van die lot van Christene wat in Birma woon,” het hy bygevoeg.

Bid: vir die nasie van Birma en veral die oorwegend Christelike Karen-minderheidsgroep wanneer hulle hierdie vredesgesprekke betree. (Lev.26:6)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/burmas.christians.in.peace.talks.with.government/29151.htm