Vier Baptiste in Azerbeidjan is elk vyf dae tronkstraf opgelê ná 'n polisieklopjag op 'n Oesfees-viering in 'n privaat huis, het Forum 18 News Service verneem. Ongeveer 80 Baptiste was teenwoordig toe die polisie op die huis toegeslaan het nadat hulle die gas en elektrisiteit afgeskakel het om te verhoed dat kerklede 'n feesmaal voorberei. Hulle het die name van al die teenwoordiges aangeteken wat hulle ook gefotografeer en verfilm het. Na 'n laataand geslote hofverhoor is die huiseienaar en drie ander vyf dae tronkstraf opgelê. Die polisie het volgehou daar was niks ongewoons aan 'n laat Sondagaand hofverhoor nie, en beweer dat 'dit gebeur'. In 'n aparte saak het 'n hof in Baku 'n groot boete opgelê aan 'n Jehovah se Getuie omdat hy godsdienslektuur op straat aangebied het. Meer stories van godsdienstige onverdraagsaamheid kan gevind word deur op die meer-knoppie te klik.
Bid: dat alles wat goddeloos is in Azerbeidjan geopenbaar en uit die regstelsel verwyder sal word. (Job.8:20)
Meer: http://www.forum18.org/Archive.php?article_id=1505