Print this page

Azerbeidjan: Christene onder toenemende druk

Strawwe regulasies het dit vir kerke moeilik gemaak om die nodige registrasie te voltooi. Die proses is 'gedompel in burokrasie' en aansoeke word dikwels geweier. Staatsopposisie het vandag die 'grootste struikelblok' geword wat kerke in Azerbeidjan in die gesig staar. Onlangs het 30 polisiebeamptes 'n pastoor se huis besoek en vir hom gesê dit is onwettig om die leringe van Jesus in Azerbeidjan te versprei, ten spyte van godsdiensvryheid wat in die grondwet gewaarborg word. Hy is meegedeel dat hy die tronk gespaar sou word as hy ophou werk as 'n evangelis. Die pastoor het geweier en is vir 18 maande tronk toe gestuur – daarvan beskuldig dat hy wapens aanhou. 'n Ander pastoor het verduidelik: 'Hulle is bang dat as mense Christene word, hulle die belange van Rusland bo dié van Azerbeidjan sal verkies.' Hoof van die Baptiste Unie van Azerbeidjan het gesê: 'Die pastoor van 'n kerk kan enige oomblik gevange geneem word.' Ten spyte hiervan groei die kerk in Azerbeidjan met 'n geskatte 10 000 lidmate.

Bid: dat God mense sal oprig om die regte van gelowiges te verdedig, dat Christene bymekaar sal kom sonder vrees vir die regering, polisie, veiligheidsdienste of ekstremiste. (Ps.12:5&7)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/azerbaijan.christians.under.increasing.pressure/31593.htm