Australië: Konferensie hoor 'Australië in oorlog met radikale Islam'

'n Geharde Islamitiese groep Hzb at-Tahrir het gesê die Australiese regering probeer hul kinders 'breinspoel' en dat hulle enige pogings om hul streng siening van Islam af te water moet weerstaan. "Die regering speel 'n vuil speletjie," het Wassim Doureihi aan 'n gehoor van 600 mense in Sydney gesê. Die groep het 'n verslag van 124 bladsye bekendgestel oor wat hulle sien as die Australiese regering poog om die Moslem-gemeenskap in ekstremiste en gematigdes te verdeel. 'Die fundamentele doelwit van hierdie beleide is om Islam te verander, Islam te sekulariseer, om 'n sogenaamde 'gematigde Islam' te produseer - 'n staatsgesanksioneerde weergawe van Islam wat sekulêr, polities impotent en gelokaliseer is.' Mnr Doureihi het die gehoor gewaarsku van ''n oorlog wat teen Islam gevoer word in Australië soos dit in die res van die wêreld is.' 'n Medespreker het gesê die Australiese regering het arrogant aanvaar dat omdat Moslem-jeug na hul skole gaan en hul TV-programme kyk, hulle Australiese waardes sal aanneem. Sien ook:

Bid: teen Hizb ut-Tahrir en hul pogings met ander groepe om globale sharia-wetgewing in te stel. (Jes.17:13)

Meer: http://www.dailytelegraph.com.au/news/nsw/hizb-uttahrir-australia-conference-hears-this-country-at-war-with-radical-islam/story-fni0cx12-1226762077040