Asiatiese lande finansiële misdade

Die ontwikkelende wêreld het in 2010 byna US$1 triljoen verloor as gevolg van korrupsie, belastingontduiking en ander finansiële misdade wat nie kontanttransaksies behels nie, volgens 'n verslag deur Global Financial Integrity. Korrupsie het die afgelope dekade geleidelik gegroei ten spyte van ongekende pogings deur regerings en nie-regeringsorganisasies om dit hok te slaan. Baie van die opbrengs van dwelmhandel, mensesmokkelary en ander kriminele aktiwiteite, wat dikwels in kontant vereffen word, word nie by hierdie skattings ingesluit nie. Die verslag van 80 bladsye het bevind dat China die grootste verliese gely het, gevolg deur Mexiko, Maleisië, Saoedi-Arabië en Rusland. Ander lande wat onder die top-10 vir 2010-verliese gerangskik is, sluit in Irak, Nigerië, Costa Rica, die Filippyne en Thailand. Ontwikkelende ekonomieë bloed al hoe meer geld in 'n tyd waarin ryk en arm lande sukkel om ekonomiese groei aan te spoor. Hierdie verslag moet 'n wekroep wees vir wêreldleiers dat meer gedoen moet word om hierdie skadelike uitvloei aan te spreek.

Bid: vir 'n einde aan die astronomiese bedrae wat uit die ontwikkelende wêreld na buitelandse belastingparadys en ontwikkelde lande banke vloei. (Spr.18:5)

Meer: http://www.atimes.com/atimes/Global_Economy/NL19Dj03.html