Amerika: Condoleezza Rice sê: 'Draai na die Heilige Gees'

Condoleezza Rice het onlangs aan studente aan die Universiteit van Mobile gesê dat om God vir leiding te vra die dryfveer van haar loopbaan was - en dat dit altyd voordelig is om aan 'n 'hoër mag' toe te gee in moeilike tye. Die voormalige minister van buitelandse sake het aan 400-plus studente gesê dat haar Christelike geloof en die besluite wat sy neem onafskeidbaar is, en het hulle aangemoedig om die Heilige Gees te volg, soos sy het, om optimisties te bly en te volhard. "Dis nie dat jy sê: 'Wel, is dit die regte ding om te doen nie?" Dit is dat jy vir leiding vra en altyd bewus is dat jy 'n hoër mag het waarop jy jou kan beroep.' Rice het 'n vraag beantwoord oor hoe haar geloof haar rol as minister van buitelandse sake beïnvloed het. 'Die beste deel daarvan om 'n geloofspersoon te wees, is dat ek voortdurend optimisties kan wees, selfs in moeilike tye, ek weet nie hoe mense wat nie kan nie 'n beroep op die Heilige Gees om deur daardie moeilike tye te kom,' het sy voortgegaan.

Bid: dat God regoor die wêreld meer Christelike leiers sal oprig en hulle salf om in die openbaar oor hulle geloof te praat. (Ps.40:4-6)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/us/2011/November/Condoleezza-Rice-Shares-Faith-with-Alabama-Students/