Naghmeh Abedini, vrou van paster Saeed Abedini wat tans in Iran gevange gehou word, het Dinsdag 4 Junie 2013 die VN se Menseregteraad in Genève toegespreek oor haar man se lot. 'Die Iranse regering het amper 'n jaar lank probeer om my man, Saeed Abedini, stil te maak deur onwettige tronkstraf, marteling en dreigemente teen ons familie. My man is 'n Amerikaanse burger en liefdevolle pa van ons twee jong kinders. Hy is in Iran se wrede Evin-gevangenis aangehou weens sy geloof en sonder ’n stem om vir sy vryheid te veg. Ek moet dus sy stem wees. In die lig van sy swak gesondheid as gevolg van herhaalde slae deur sy ontvoerders en hulle weiering om hom die nodige mediese sorg te gee, kan ek nie stilsit nie – die tyd raak min. Saeed is nie skuldig aan die oortreding van enige Iraanse wet nie; in plaas daarvan word hy as 'n gewete-gevangene aangehou.'
Bid: dat Naghmeh se toespraak aan die Verenigde Nasies se Menseregteraad daartoe sal lei dat die internasionale gemeenskap uitspreek teen Saeed se vervolging.
Meer: http://www.foxnews.com/opini