Op 25 Mei is 'n boete gelykstaande aan VS$2 760 en 'n vyf jaar tronkstraf opgelê aan die Christenbekeerling Siaghi Krimo omdat hy Muhammad 'beledig' het ondanks 'n gebrek aan bewyse. Die regter het die Christelike gemeenskap verstom deur hom meer as die vervolgingsaanbeveling van 'n vonnis van twee jaar tronkstraf en 'n boete van US$690 ekwivalent op te lê. Krimo is verhoor omdat hy 'n CD aan 'n buurman gegee het, wat hom toe daarvan beskuldig het dat hy probeer het om hom tot die Christendom te bekeer. Sy prokureur beplan om te appelleer. Krimo hoef nie sy tronkstraf uit te dien totdat die hof sy appèl aanhoor en die skuldigbevinding bekragtig nie. Die hof het sy uitspraak gelewer dieselfde week dat die goewerneur van die provinsie Bejaia beveel het dat sewe Protestantse kerke gesluit moet word. Op die vraag of hy dink die hof het instruksies van hoër amptenare om hom so swaar straf op te lê, het Krimo sonder huiwering gereageer: 'Dis seker!'
Bid: dat God alle teenkanting teen die Christelike boodskap wat in Algerië wortelskiet en versprei, sal verminder. (Mt.24:14)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/13314/article_113189.html