Print this page

Afghanistan: 'Lentegevegseisoen'

'n Christen wat in Afghanistan woon, skryf: 'Terwyl die lente-gevegseisoen aan die gang is, onthou asseblief dat dit wat ons in die fisiese sien dikwels die verborge geestelike gevegte weerspieël wat woed. In die natuurlike sien ons skerp toenames in ongevalle onder internasionale magte wat vir vrede veg. Ons sien ook aansienlike toenames in burgerlike ongevalle namate opstandelinge banke, markte, universiteitsbiblioteke en veiligheidskontrolepunte teiken wat deur weermag en polisie beman word. Onlangse selfmoordaanvalle is op so 'n manier uitgevoer dat verskeie terreine gelyktydig aangeval word, en dan word reddingswerkers aangeval terwyl hulle intrek om die gewondes te versorg. Ons kan moed skep uit die wete dat as ons geestelike vyand hier fel stry, dit is omdat hy weet sy tyd is min en ons gebede maak 'n verskil. Ons moet nie moed verloor nie, maar mekaar aanmoedig om ons pogings in gebed te verdubbel!'

Bid: dat die bose aan die kaak gestel word, dat regverdige oordele sal seëvier en dat nasionale en internasionale gelowiges hul kragtigste wapen sal gebruik – lofprysing en aanbidding! (Ps.8:1-2)