Print this page

Afghanistan: Taliban en Christene

'n Meer liberale Taliban-groep in die Wardak-provinsie het opgehou om vroue sonder boerkas in hegtenis te neem en laat sommige musiek toe wat ''n nuwe generasie militante verteenwoordig' sê plaaslike inwoners. Alhoewel die situasie oor Afghanistan verskil, beklemtoon Wardak hoe die Taliban se nuutste rekrute onlangs groter buigsaamheid oor maatskaplike kwessies getoon het. Ons kan bid dat dit selfs meer openheid en die verwydering van geestelike blindheid onder die etniese Pashtuns sal voorspel. Intussen berig Joel News 'n Christen Afghaanse Rooi Kruis-werknemer wat gearresteer is op valse aantygings, geslaan, slaap ontneem en seksueel misbruik is in die tronk, wat toe uit sy sel geskryf het dat hy in die Here bly is omdat Jesus in 'n visioen aan hom verskyn het. Vyf dae later kon hy bid vir 'n medegevangene, 'n Pashtoense Taliban-lid, wat ook met Jesus ontmoet het en nou 'n gelowige is.

Bid: vir fisiese vryheid vir Christene wat gevange geneem is vir hul geloof en vir geestelike vryheid vir die Taliban. (Ps.119:17-18)

Meer: http://www.google.com/hostednews/afp/article/ALeqM5idVJ5tf1_Qhtrpfi2AUwnFIrFeYg?docId=CNG.d9ba7