Print this page

Afghanistan: Straatkinders

50 000 kinders werk in die strate van Afghanistan se hoofstad. Sommige is weeskinders, ander werk om hul gesinne te ondersteun deur kougom, tydskrifte of snuisterye te verkoop, ander poets skoene, was motors of gee geluk uit 'n blikkie brandende kruie. Sommige bedel eenvoudig. Almal is kwesbaar vir uitbuiting en misbruik deur misdadigers en polisie. 'n Christen in die land het ons gevra om te bid vir die beskerming van die kinders wat probeer oorleef. Organisasies is nodig om ondersteuning aan kinders en hul gesinne te bied. Bid dat van die hulp aan die land sal gaan om die straatkinders te help en dat hierdie kinders voorgestel sal word aan die Een wat lief is vir klein kindertjies.

Bid: dat Christene wat in verskeie gemeenskappe werk, meer van God se salwing sal hê terwyl hulle probeer om 'n verskil in die lewens van die mense te maak. (Mt.19:14)

Meer: http://www.unicef.org/infobycountry/afghanistan.html