Hierdie jaar word deur die International Prayer Movement opsy gesit as 'n jaar van gebed vir Pakistan en Afghanistan. Om hierdie inisiatief by te staan, word 'n paar gebedspunte vandag hier gelys:- *As die Taliban slaag, sal Afghanistan weer 'n opleidingsbasis vir internasionale terrorisme word en baie nasies raak. Bid dat die Taliban se wapenvoorraad afgesny word en vir verwarring en onenigheid. * Buitelandse hulp. Bid dat buitelandse hulp wat in Afghanistan instroom nie vermors sal word deur ondoeltreffendheid of deur korrupsie afgelei sal word nie, maar die behoeftigstes sal bereik en die land se verbrokkelde infrastruktuur sal herbou. *60% van Afgane is jonger as 20, het niks anders as oorlog geken nie, smag na onderwysgeleenthede, werk en vryheid van keuse. Bid dat hulle in staat sal wees om los te kom van die Taliban en plaaslike krygshere se beheer. Mag hulle nuwe stukrag gee aan pogings van vryheid en vrede in die nasie. *4,5 miljoen vlugtelinge het teruggekeer, baie het finansiële hulpbronne, internasionale verbintenisse en 'n entrepreneursgees gebring.
Bid: vir die opwekking van sterk en effektiewe leiers uit die opkomende generasie in Afghanistan. (Ps.112:2)