Afghanistan: Deel Een – 10de herdenking van konflik

'n E-pos uit Afghanistan lui: - 'Daar is meer heelhartige volgelinge van Jesus in Afghanistan as wat daar was sedert die verowering van Islam (van 642 nC tot 1000 nC). Vanaf die tyd van die apostel Thomas was daar opleidingskole en sendelinge gestuur na die Verre Ooste. Nou in 2011 is daar etlike duisende gelowiges wat huis-tot-huis ontmoet, deur die kuberruimte vergader, en soms vergaderkamers by hotelle huur. Elke groot dorp in die land het 'n ondergrondse groep volgelinge van Isaaye Masih (Jesus Christus). Daar is ook die diaspora van Afghaanse gelowiges in Pakistan, Indië en ander nasies. Daar was nog nooit soveel politieke vryheid vir vroue en opkomende groepe jong leiers nie. Vroue kan stem. Daar is meer skole, opvoedkundige instellings, maatskaplike dienste, professionele opleidingskursusse, siviele aksiegroepe, kulturele verenigings en sportligas in Afghanistan as wat daar ooit op enige ander tydstip in sy moderne geskiedenis was. Amerikaanse en geallieerde ingryping het die omgewing hiervoor geskep, foute nieteenstaande.

Bid: dat Afganistan sy Christelike erfenis sal aangryp - getuig vir haar bure ver en naby met opleidingskole en sending. (Mat.16:18)