Evangelisasie: Die plaaslike kerk groei steeds namate gelowiges een vir een in klein groepies bygevoeg word. Ons word gevra om te bid dat nuwe gelowiges ander sal vind wat hulle kan vertrou om te deel in aanbidding, gebed en onderrig. Misdaad: Owerhede beplan om vanjaar 15 000 hektaar papawerlande te vernietig in 'n poging om die heroïenhandel wat geweld en korrupsie aanwakker, te beperk. Kriminele elemente en die Taliban wins uit die heroïenhandel. Bid dat boere ander gewasse sal vind om inkomste en kos vir hul gesinne te voorsien. Vlugtelinge: Byna 'n halfmiljoen mense wat deur oorlog en geweld ontheem is, woon in primitiewe kampe in tydelike tente rondom groot stede. Hulle ly aan tekorte aan kos, klere en brandstof. Die regering en humanitêre agentskappe sukkel om in die behoeftes van so baie te voorsien. Bid dat meer hulpbronne beskikbaar gestel kan word om die mense wat in hierdie kampe woon te help en dat die hulpbronne doeltreffend aangewend sal word.
Bid: vir beskerming vir die opkomende kerk, vrede in die land en vir baie vlugtelinge om na hul huise terug te keer. Mag God in al hulle behoeftes voorsien. (Ps.9:3-4)
Meer: http://www.iol.co.za/news/world/afghanistan-to-destroy-poppy-fields-1.1493945#.UWU4eldKI78