Afghanistan: Christene staar onsekerheid in Indië in die gesig

Afghaanse Christen-vlugtelinge wat na Indië gevlug het, skuil weg oor vrese dat hulle terug na Afghanistan gedeporteer sal word, waar moontlike arrestasie, tronkstraf en teregstelling op hulle wag. In 2010 het 'n televisienetwerk die doop van Afghaanse Moslem-bekeerlinge tot die Christendom uitgesaai. ’n Parlementslid het gevra vir die teregstelling van die afvalliges en president Hamid Karzai het ’n ondersoek gedoen na hoe hulporganisasies Christenskap in die streek bevorder. Die ondersoek het daartoe gelei dat die Afgaanse Christian Said Musa van afvalligheid aangekla is en die doodvonnis uitgereik het. Na 'n poging van nege maande deur die internasionale gemeenskap om Afghanistan se regering te betrek, is Musa vrygelaat en kon hy die land verlaat. Alhoewel Musa se beproewing verby is, kan 'n besluit wat deur die Verenigde Nasies in Nieu-Delhi geneem is om 'n aantal Afgaanse bekeerlinge te deporteer daardie klein Christelike gemeenskap tot 'n soortgelyke lot dryf. Na Musa se arrestasie het Afghaanse Christene gaan wegkruip en ander het na Indië of Pakistan gegaan.

Bid: dat geheime polisie en intelligensie-agentskappe sal ophou om Christene te teister, en eerder saam met hulle sal werk. (Ps.17:7-9)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/uncertainty.for.afghan.christian.refugees/28042.htm