"Vyf werkers van 'n Switserse hulporganisasie, insluitend twee vroulike buitelandse medici, is ontvoer terwyl hulle te perd in 'n afgeleë gebied van Badakhshan se Yafta-distrik gereis het," het provinsiale goewerneur Shah Waliullah Habib gesê. Die twee dokters het gereis onder die sambreel van Medair wat homself op sy webwerf beskryf as 'n nie-regeringsorganisasie wat poog om 'kwesbare vroue, kinders en mans in krisis te dien wat dikwels in moeilik-toeganklike streke woon in gebiede met buitengewone nood .' Dit sê ook dat sy internasionale personeel 'deur hul Christelike geloof gemotiveer word om te sorg vir mense in nood, om lewensreddende ondersteuning te bied aan enigiemand ongeag ras, godsdiens of politiek.' Die span was in die gebied om wanvoeding onder vroue en kinders te bekamp. Dit is onseker of hulle deur ’n opstandige groep of misdadigers ontvoer is.
Bid: vir die veilige vrylating van die vyf, mag hulle families God se vrede ken. Bid ook dat ontvoerings sal eindig en dat die Christelike getuie in Afghanistan baie vrugte sal oplewer. (Hab.2:4)
Meer: http://online.wsj.com/article/SB10001424052702304707604577421802149244104.html