Voorbereidings vir koning Charles III se kroning is aan die gang. 'n Besonder simboliese ritueel het onlangs in Jerusalem se Kerk van die Heilige Graf plaasgevind toe die Heilige Olie wat gebruik sal word om die nuwe monarg te salf, deur Jerusalem se Patriarg en die Anglikaanse Aartsbiskop ingewy is. Dit is geskep met olywe van die Olyfberg en die klooster van Maria Magdalena en geparfumeer met essensiële olies, insluitend sesam, roos, jasmyn, kaneel en lemoenbloeisels. Die Heilige Olie-salwing is in die middel van die mees heiligste deel van die kroningseremonie wanneer die aartsbiskop van Kantelberg die olie in die kroningslepel gooi en die soewerein op die hande, bors en kop salf. Die tradisie gaan terug na die Ou Testament (die salwing van Salomo deur Sadok die priester en Natan die profeet). Salwing was een van middeleeuse heilige sakramente wat die geestelike status van die soewerein beklemtoon het. Die salwingseremonie sal na verwagting nie op televisie vertoon word nie, maar eerder onder 'n afdak.